metode [boodskap #129607] |
So, 02 Februarie 2020 19:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
metode
Afbreking: me•to•de
Uitspraak: /miˈtuə̯də/, /məˈtuə̯də/
Selfstandige naamwoord: metode
Meervoud: metodes
Verkleinwoord: metodetjie
Meervoud van verkleining: metodetjies
Betekenis:
• 'n Spesiale prosedure wat gevolg word om 'n taak te verrig. Vaste manier van handel of volgens 'n plan werk.
Gebruik:
• Watter metode gebruik mens om die vergelyking op te los?
Sinoniem:
• manier
• wyse
Afgelei:
• halveringsmetode
• rekenmetode
• studiemetode
Vertaling:
Engels: method, plan, manner
Nederlands: methode
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|