kabinet [boodskap #129588] |
So, 02 Februarie 2020 07:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20787 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kabinet
Afbreking: ka•bi•net
Selfstandige naamwoord: kabinet
Meervoud: kabinette
Verkleinwoord: kabinetjie
Meervoud van verkleining: kabinetjies
Betekenis:
• Al die ministers wat 'n land se regering vorm.
• 'n Soort kas, meestal van hout, met baie kompartemente, deurtjies of vertoonvensters.
Gebruik:
• Die kabinet van Suid-Afrika is die hoogste uitvoerende vlak van die regering van Suid-Afrika.
• Sy pak die boeke in die kabinet.
Hiponiem:
• liaseerkabinet
• skadukabinet
• uitstalkabinet
Afgelei:
• kabinetformaat
• kabinetgrootte
• kabinetvyl
Vertaling:
Engels: cabinet
Nederlands: kabinet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|