juweliersware [boodskap #129587] |
So, 02 Februarie 2020 07:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20787 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
juweliersware
Afbreking: ju•we•liers•ware
Samestelling: juwelier + -s- + ware
Selfstandige naamwoord: juweliersware
Meervoud: –
Betekenis:
• Voorwerpe waarmee die liggaam versier word, soos horlosies, ringe, oorbelle, halsbandjies, ens.
Gebruik:
• Tieroog word gewoonlik gebruik as halfedelstene in juweliersware en ornamente, en word ook in artikels soos messegoed as handvatsels gebruik.
Verwant:
• juwele
• juwelier
Vertaling:
Engels: jewellery, jewelry
Nederlands: sieraad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|