| brandweer [boodskap #129564] |
Sa., 01 Februarie 2020 07:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26455 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
Die brandweer bestry 'n brand.
brandweer
Afbreking: brand•weer
Samestelling: brand + weer
Selfstandige naamwoord: brandweer
Meervoud: brandwere
Verkleinwoord: brandweertjie
Meervoud van verkleining: brandweertjies
Betekenis:
• Die manne en masjiene wat brand bestry; instansie wat brande blus en teen brandgevaar waak.
Gebruik:
• Brand! Bel die brandweer!
• Die brandweer is ontbied om die brand te blus.
Afgelei:
• brandweerhoof
• brandweerkraan
• brandweerman
• hoofbrandweerpyp
• brandweerstasie
• brandweeruitrusting
• brandweervoertuig
• brandweerwa
Afgelei:
• brandweerwarooi
Verwant:
• brandblusser
• brandkraan
Vertaling:
Engels: fire brigade, fire department
Nederlands: brandweer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|