Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » werker
werker [boodskap #129545] Thu, 30 January 2020 14:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20947
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Werkers
Werkers
werker
Afbreking: wer•ker


Selfstandige naamwoord: werker
Meervoud: werkers
Verkleinwoord: werkertjie
Meervoud van verkleining: werkertjies

Betekenis:
• Iemand wat werk; persoon wat arbeid verrig.
• 'n Onvrugbare vroulike insek in 'n kolonie, soos die van bye en miere.

Gebruik:
• Die werker dagvaar sy werkgewer oor die onveilige werkskondisies. Die fabriek wil werkers aflê.
• 'n Werker leef vyf tot ses weke en produseer omtrent 'n twaalfde van 'n teelepel heuning.

Sinoniem:
• arbeider

Hiponiem:
• boswerker
• fabriekswerker
• kantoorwerker
• medewerker
• sekswerker
• skrynwerker
• veldwerker

Afgelei:
• werkerby
• werkersdag

Vertaling:
Engels: worker, workman, laborer, labourer
Nederlands: werker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wewenaar
Volgende onderwerp: werkboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 02 18:01:02 UTC 2025