Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wild
wild [boodskap #129543] Thu, 30 January 2020 11:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20947
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
wild
Afbreking: wild
Uitspraak: /vəlt/


Selfstandige naamwoord: wild
Meervoud:

Betekenis:
• Wilde diere wat vry in die natuur voorkom; diere wat besigtig of gejag kan word.

Gebruik:
• Ons het baie wild die naweek gesien.
• Daar is baie wild op sy plaas.

Afgelei:
• wildbewaarder
• wildboer
• wilddief
• wildplaas
• wildrit
• wildshok
• wildtuin

Vertaling:
Engels: game
Nederlands: wild


Byvoeglike naamwoord: wild
Vergrotende trap: wilder
Oortreffende trap: wildste
Attributief: wilde
Partitief: wilds

Betekenis:
• Diere wat nie deur mense mak gemaak of plante of wat nie deur mense geplant is nie; ongetem.
• Iets wat woes is; nie kalm nie; onbeskaaf.
• Iets met 'n skerp geur.

Gebruik:
• Diere is wild en onvoorspelbaar.
• Vir so 'n fyn meisie is sy nogal wild.
• Die vleis is wild gegeur.

Antoniem:
• mak

Vertaling:
Engels: wild, savage, unruly, frantically
Nederlands: wild

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wildtuin
Volgende onderwerp: wewenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 02 18:04:58 UTC 2025