Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » woestyn
woestyn [boodskap #129536] Thu, 30 January 2020 10:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20947
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Woestyn.
'n Woestyn.
woestyn
Afbreking: woe•styn


Selfstandige naamwoord: woestyn
Meervoud: woestyne
Verkleinwoord: woestyntjie
Meervoud van verkleining: woestyntjies

Betekenis:
• 'n Stuk land wat baie droog is en waar daar gewoonlik baie sand is; dorre vlakte met min neerslag en weinig vegetasie.

Gebruik:
• Tropiese woestyne soos die Saharawoestyn en die Namibwoestyn maak ongeveer een vyfde van die wêreld se woestyngebiede uit.

Spreekwoord:
• Soos 'n stem wat roep in die woestyn. ['n Tevergeefse poging om iemand van iets te oortuig.]

Afgelei:
• woestynagtig
• woestynbewoner
• woestyndier
• woestyngebied
• woestyngloed
• woestynhitte
• woestynindringing
• woestynland
• woestynlandskap
• woestynpad
• woestynplant
• woestynsand
• woestynvlakte
• woestynwêreld
• woestynwind

Vertaling:
Engels: desert
Nederlands: woestijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hommelby
Volgende onderwerp: woes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 02 18:26:25 UTC 2025