uitsteek [boodskap #129534] |
Thu, 30 January 2020 07:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitsteek
Afbreking: uit•steek
Samestelling: uit + steek
Werkwoord: steek uit, uitsteek
Verlede tyd: het uitgesteek
Teenwoordige deelwoord: uitstekend, uitstekende
Verlede deelwoord: uitgesteekte
Betekenis:
• In grootte die res oortref.
• Met 'n skerp voorwerp stekend verwyder.
• Uitstrek, soos om 'n ledemaat te verleng.
Gebruik:
• Kyk doer by die boom wat daar uitsteek.
• Kan jy die sooi gras uitsteek? Pasop dat jy nie sy oog uitsteek nie.
• Voor jy draai, moet jy jou hand uitsteek.
Spreekwoord:
• As die klou uitsteek, is die leeu daaragter. [Gee ag op klein gevaartekens.]
Afgelei:
• uitsteeksel
Vertaling:
Engels: to stick out, stand out, protrude
Nederlands: uitsteken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|