Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » intrige
intrige [boodskap #129530] Thu, 30 January 2020 06:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20947
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
intrige
Afbreking: in•tri•ge


Selfstandige naamwoord: intrige
Meervoud: intriges

Betekenis:
• Die storielyn of verwikkeling in 'n verhaal; spanningslyn.
• 'n Gekonkel; 'n geheime plan om 'n doel op slinkse wyse te bereik.

Gebruik:
• Die basis van enige intrige is konflik, waar die karakters met 'n situasie gekonfronteer word, wat teen die einde van die verhaal opgelos word.
• Hy probeer om die politieke intrige en korrupsie van die regering aan die kaak te stel.

Afgelei:
• subintrige
• intrigeroman

Verwant:
• intrigeer

Vertaling:
Engels: intrigue, plot, scheme
Nederlands: intrige

Nota:
• Van Latyn intricare, verwikkeling.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aksioma
Volgende onderwerp: alliterasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 02 15:56:18 UTC 2025