Leksikograaf Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
wol
Afbreking: wol
Selfstandige naamwoord: wol
Meervoud: wolle
Verkleinwoord: wolletjie
Meervoud van verkleining: wolletjies
Betekenis:
• Die sagte hare van diere soos skape en bokke wat gebruik word om materiaal te maak.
Gebruik:
• Wol maak 'n groot deel uit van die inkomste vir skaapboere, aangesien alle skape wol dra, of die dier nou later geslag word of nie.
Spreekwoord:
• Veel geskreeu en weinig wol. ['n Ophef oor 'n kleinigheid maak.]
• Groot lawaai, weinig wol. [Gesê van iemand wat 'n groot ophef maak oor 'n nietigheid.]