Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wonderlik
wonderlik [boodskap #129513] Tue, 28 January 2020 07:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20947
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
wonderlik
Afbreking: won•der•lik
Samestelling: wonder + -lik
Uitspraak: /ˈvɔn.dər.lək/


Byvoeglike naamwoord: wonderlik
Vergrotende trap: wonderliker
Oortreffende trap: wonderlikste
Attributief: wonderlike
Partitief: wonderliks

Betekenis:
• Wat besonder en mooi, heerlik of lekker is.
• Ongewoon, vreemd, soos 'n wonder.

Gebruik:
• Dit is wonderlik om vriende soos julle te hê.
• Wat 'n wonderlike ondervinding was dit nie.

Sinoniem:
• asemrowend
• bonatuurlik
• fabelagtig
• fantasties
• magies
• verbysterend
• verstommend
• wonderbaarlik

Antoniem:
• alledaags
• gewoon

Afgelei:
• verwonder
• verwonderd
• wonderlikheid

Vertaling:
Engels: wonderful, amazing, great; incredible, amazing, miraculous
Nederlands: wonderlijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spil
Volgende onderwerp: teikengroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 02 16:04:37 UTC 2025