afpyl [boodskap #129495] |
Mon, 27 January 2020 15:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afpyl
Afbreking: af•pyl
Samestelling: af + pyl
Werkwoord: pyl af, afpyl
Verlede tyd: het afgepyl
Betekenis:
• Blitsig en reguit na iets of iemand beweeg.
Gebruik:
• Hy vang die bal en begin op die doelpale afpyl.
Sinoniem:
• afsnel
• afskiet
• afstuur
Vertaling:
Engels: to dash for, make straight for
Nederlands: afschieten
Selfstandige naamwoord: afpyl
Meervoud: afpyle
Verkleinwoord: afpyltjie
Meervoud van verkleining: afpyltjies
Betekenis:
• 'n Pyl wat afwaarts wys.
Gebruik:
• Kliek op die afpyl om ondertoe te blaai.
Antoniem:
• oppyl
Vertaling:
Engels: down arrow
Nederlands: pijl naar beneden
Nota:
• Moenie "afpyl" met "afpeil" verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|