Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koronavirus
koronavirus [boodskap #129493] Mon, 27 January 2020 07:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20947
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Voorstelling van die koronavirus (COVID-19).
'n Voorstelling van die koronavirus (COVID-19).
koronavirus
Afbreking: ko•ro•na•virus
Samestelling: korona + virus


Selfstandige naamwoord: koronavirus
Meervoud: koronavirusse
Verkleinwoord: koronavirussie
Meervoud van verkleining: koronavirussies


Betekenis:
• 'n Virus van die familie Coronaviridae wat diere besmet en waarvan die genoom uit 'n enkele RNS-string bestaan.

Gebruik:
• Vlermuise is bekend daarvoor dat hulle die koronavirus dra, maar wetenskaplikes verstaan nog nie hoe dit van diere na mense versprei nie.

Sinoniem:
• kroontjiekiem

Afgelei:
• koronavirusepidemie

Vertaling:
Engels: coronavirus
Nederlands: coronavirus

Nota:
• Die Latynse woord "corona" beteken kroon of krans. Die virus is so genoem omdat dit aan 'n koninklike kroon of krans om die son herinner.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wreed
Volgende onderwerp: huldeblyk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 02 15:57:42 UTC 2025