Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wyn
wyn [boodskap #129490] Ma, 27 Januarie 2020 07:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20790
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Wyn
Wyn
wyn
Afbreking: wyn
Uitspraak: /vəi̯n/


Selfstandige naamwoord: wyn
Meervoud: wyne
Verkleinwoord: wyntjie
Meervoud van verkleining: wyntjies

Betekenis:
• 'n Tipe drank wat van druiwe gemaak word.

Gebruik:
• Hy nuttig 'n glasie wyn saam met sy aandete.

Spreekwoord:
• Die wyn het 'n krakie. [Die wyn is effens suurderig.]
• Water in jou wyn doen. [Jou eise nie so hoog stel nie.]
• Goeie wyn het nie 'n krans nodig nie. [Wat goed is, hoef nie aangeprys te word nie.]
Wyn in die man, wysheid in die kan. [As iemand dronk is, kan 'n mens nie wysheid by hom verwag nie.]

Hiponiem:
• brandewyn
• rooiwyn
• tafelwyn
• witwyn

Afgelei:
• wynasyn
• wynbelasting
• wynboer
• wynbottel
• wynbou
• wynglas
• wynkunde
• wynsak
• wynsteen
• wynstok

Vertaling:
Engels: wine
Nederlands: wijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wysie
Volgende onderwerp: wurm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 18:53:56 MGT 2024