wedstryd [boodskap #129473] |
So, 26 Januarie 2020 11:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20789 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wedstryd
Afbreking: wed•stryd
Selfstandige naamwoord: wedstryd
Meervoud: wedstryde
Verkleinwoord: wedstrydjie
Meervoud van verkleining: wedstrydjies
Betekenis:
• 'n Stryd tussen twee of meer persone of spanne om te bepaal wie die beste op 'n bepaalde gebied is.
Gebruik:
• Die spanne het verwoed tot aan die einde van elke wedstryd geveg.
Sinoniem:
• kompetisie
Afgelei:
• krieketwedstryd
• kunswedstryd
• netbalwedstryd
• rugbywedstryd
• sokkerwedstryd
• sportwedstryd
• vasvrawedstryd
Vertaling:
Engels: match, competition, contest
Nederlands: wedstrijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|