Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wasgoed
wasgoed [boodskap #129471] So, 26 Januarie 2020 10:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20790
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Wasgoed op 'n wasgoeddraad.
Wasgoed op 'n wasgoeddraad.
wasgoed
Afbreking: was•goed
Samestelling: was + goed


Selfstandige naamwoord:
Meervoud: wasgoed

Betekenis:
• Al die klere, beddegoed, ensovoorts wat 'n mens op 'n slag was. Tekstiel wat net gewas is of nog gewas moet word.

Gebruik:
• Gooi jou vuil wasgoed in die wasgoedmandjie in die badkamer.

Spreekwoord:
• Die kolmuis vreet wasgoed. [Gesê as iemand se klere in sy boude optrek.]

Afgelei:
• wasgoeddraad
• wasgoeddraadlyn
• wasgoedkamer
• wasgoedlyn
• wasgoedmandjie
• wasgoedpennetjie
• wasgoedsak

Vertaling:
Engels: washing, laundry
Nederlands: wasgoed

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wasbak
Volgende onderwerp: watertenk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 19:02:52 MGT 2024