Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wal
wal [boodskap #129467] So, 26 Januarie 2020 08:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20789
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wal
Afbreking: wal


Selfstandige naamwoord: wal
Meervoud: walle
Verkleinwoord: walletje
Meervoud van verkleining: walletjies

Betekenis:
• 'n Muur wat gebou word om iets soos water te keer.
• Die deel langs water waar 'n mens kan loop en sit; oewer.

Gebruik:
• Die dam se wal het gebreek.
• Ons sit op die wal en visvang. Hulle verken die eilande per boot, en gaan aan wal waar hul kan.

Spreekwoord:
• Die dam lê kant en wal. [Tot oorlopens toe vol.]
• Dit raak kant nóg wal. [Heeltemal verkeerd wees.]
• Hy gooi wal teen die besluit. [Probeer iets keer.]
• Iemand van die wal in die sloot help. [Iemand verder in die moeilikheid dompel.]
• Die beste stuurlui staan aan wal. [Dis maklik om ander te kritiseer as jy jou nie in hulle posisie bevind nie.]

Afgelei:
• damwal
• grondwal
• spoedwal

Vertaling:
Engels: bank, shore, embankment
Nederlands: wal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waentjie
Volgende onderwerp: wang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 18:26:44 MGT 2024