Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor miere en sprinkane
Oor miere en sprinkane [boodskap #12018] Wed, 07 January 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
nos...@nospam.za (Key Bored) writes: > jo...@fourie.com (jopie) wrote:
>
>> Ja, ek IS skaam vir die kultuur en verlede waaruit ek kom. Enigeen wat
>> daarop trots is, ken niks anders nie.

>
> Solank jy glo daar is iets soos "Afrikaner kultuurgoedere" of "die
> Afrikaner", ja. Maar dan val jy mooitjies vir die nasionalistiese
> mite wat deur generasies Apartheidsdenkers (amper se ek varkies,
> Gloudina!) opgekook is: dat daar ooit so iets soos 'n enkele, homogene
> Afrikanerkultuur is.

> Andries

>> Ek weet beslis wie ek is, en ek IS trots daarop. Ek mag Afrikaans
>> praat (dis maar net 'n taal), maar ek kan nie meer my met die
>> Afrikaner assosieer nie. Dit het 'n twyfelagtige verlede en 'n baie
>> swak toekoms, want daar is tans meer as 40 miljoen Suid-Afrikaners
>> waarvan die meeste net die slegte kant van die Afrikaner ken.
>
>
>> Jopie
>
>
>

Ek dink ons moet almal, buite en binne Suid-
Afrika, hard werk daaraan om die Afrikaner te
redefineer. Ons moet nie vir ons dissosieer
van die konsep "die Afrikaner" nie. Ekself
hier in Kanada noem myself nou weer om elke
hoek en draai 'n Afrikaner, selfs al is my
huistaal vir 20 jaar al nie meer Afrikaans nie.
En 'n mens verbaas jou oor hoeveel welwillend-
heid daar vir Afrikaners is, sedert 1994.

Gloudina
Vorige onderwerp: WVK krapkaarte
Volgende onderwerp: Oor miere en sprinkane
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 01:04:48 UTC 2024