astrant [boodskap #129401] |
Do, 23 Januarie 2020 14:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
astrant
Afbreking: as•trant
Byvoeglike naamwoord: astrant
Vergrotende trap: astranter
Oortreffende trap: astrantste
Attributief: astrante
Partitief: astrants
Intensief: domastrant
Betekenis:
• Wat te vrymoedig is en dikwels ongeskik voorkom; oordrewe vrypostig wat tot swak gedrag kan lei.
Gebruik:
• Van wanneer af is die klein bog so astrant teenoor die onderwysers?
Afgelei:
• astranterig
• astrantheid
Spelfout:
• astrand
Vertaling:
Engels: cheeky, impudent, brazen, forward
Nederlands: astrant
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|