Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vlerk
vlerk [boodskap #129400] Do, 23 Januarie 2020 07:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die vlerk van 'n vliegtuig.
Die vlerk van 'n vliegtuig.
vlerk
Afbreking: vlerk


Selfstandige naamwoord: vlerk
Meervoud: vlerke
Verkleinwoord: vlerkie
Meervoud van verkleining: vlerkies

Betekenis:
• Ledemate aan weerskante van 'n voël of insek se lyf waarmee dit vlieg.
• Uitsteeksels aan weerskante van 'n vliegtuie wat dit in die lug hou.

Gebruik:
• Die voël se vlerk is beseer. Die arend sprei sy vlerke en vlieg van die kranse af.
• Die enjin aan die vliegtuig se regterkantse vlerk het gaan staan.

Spreekwoord:
• Sy vlerk is geknip. [Hy is magteloos.]
• Hy sleep vlerk by haar. [Na 'n meisie vry.]
• Die vlerk laat hang. [Mismoedig, moedeloos wees.]
• Jy dink jy het 'n engel aan die vlerk en jy het 'n duiwel aan die stert. ['n Mens moet glad nie na die uiterlike oordeel nie.]

Vertaling:
Engels: wing
Nederlands: vlerk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vleis
Volgende onderwerp: astrant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 17:25:15 MGT 2024