Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vleis
vleis [boodskap #129399] Do, 23 Januarie 2020 07:17
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verpakte vleis in 'n slaghuis.
Verpakte vleis in 'n slaghuis.
vleis
Afbreking: vleis
Uitspraak: /fləis/


Selfstandige naamwoord: vleis
Meervoud: vleise
Verkleinwoord: vleisie
Meervoud van verkleining: vleisies

Betekenis:
• (voeding) Voedsel wat van die sagte weefsel van 'n dier voorberei is.
• (anatomie) Spierweefsel van bepaalde organe.
• Die eetbare deel van vrugte.

Gebruik:
• Ons braai elke naweek vleis op die kole.
• Die vleis om die wond het begin genees.
• Die perske het 'n soet, sappige vleis.

Spreekwoord:
• Iemand het van Koerland se vleis geëet. [Iemand is lui.]
Vleis braai voor jy die bok skiet. [Op iets staatmaak voor jy daar sekerheid oor het.]

Hiponiem:
• beesvleis
• braaivleis
• hoendervleis
• kookvleis
• lamvleis
• perdevleis
• skaapvleis
• varkvleis
• wildsvleis

Afgelei:
• vleisbredie
• vleisbroodjie
• vleiseter
• vleisloos
• vleislus
• vleismark
• vleismes
• vleisras
• vleisrol
• vleisrooster

Vertaling:
Engels: meat
Nederlands: vlees

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: viva
Volgende onderwerp: vlerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 17:26:59 MGT 2024