Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » video
video [boodskap #129393] Wo, 22 Januarie 2020 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20787
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Outydse videobande waarop beeldmateriaal vasgelê is.
Outydse videobande waarop beeldmateriaal vasgelê is.
video
Afbreking: vi•de•o


Selfstandige naamwoord: video
Meervoud: video's
Verkleinwoord: video'tjie
Meervoud van verkleining: video'tjies

Betekenis:
• (kommunikasie) Kopie van 'n rolprent, TV-program of gebeure wat op 'n rekenaarlêer, videoband of ander media vasgelê is.
• (elektronika) Tegniek waardeur beeldinligting d.m.v. elektroniese syne opgeneem, verwerk en teruggespeel word.

Gebruik:
• Hy het 'n video met kinderprogramme vir die jongklomp saamgebring.
• Sy kon die verrigtinge op video volg.

Hiponiem:
• musiekvideo

Afgelei:
• videoband
• videoboodskap
• videomasjien
• video-opname
• video-opnemer
• videoskerm
• videospeletjie

Vertaling:
Engels: video
Nederlands: video

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fat
Volgende onderwerp: vierkant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 17:44:28 MGT 2024