verveeld [boodskap #129385] |
Wo, 22 Januarie 2020 07:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20787 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verveeld
Afbreking: ver•veeld
Byvoeglike naamwoord: verveeld
Vergrotende trap: verveelder
Oortreffende trap: verveeldste
Attributief: verveelde
Intensief: doodverveeld
Betekenis:
• Nie in iets belangstel nie; om verveling te voel of uit te druk.
Gebruik:
• Die juffrou verander vinnig die onderwerp toe sy sien hoe verveeld die kinders lyk.
Antoniem:
• geïnteresseerd
Afgelei:
• verveeldheid
Vertaling:
Engels: bored
Nederlands: verveeld
Nota:
• Pasop vir die verskil tussen "verveeld" en "vervelig": iemand is verveeld, maar iets is vervelig.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|