visie [boodskap #129380] |
Di, 21 Januarie 2020 20:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
visie
Afbreking: vi•sie
Selfstandige naamwoord: visie
Meervoud: visies
Betekenis:
• Die manier waarop mens kyk.
• Ideaal waarna gestreef word.
Gebruik:
• 'n Mens se visie begin ook verswak in jou middeljare. Ná die beroerte is sy visie aangetas.
• Net soos 'n besigheid nie sonder 'n visie suksesvol kan wees nie gaan 'n mens ook nie suksesvol wees sonder 'n visie vir sy lewe nie.
Sinoniem:
• siening
• toekomsverwagting
Afgelei:
• 20/20-visie
• toekomsvisie
Vertaling:
Engels: vision
Nederlands: visie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|