verskoning [boodskap #129369] |
Ma, 20 Januarie 2020 19:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20787 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verskoning
Afbreking: ver•sko•ning
Selfstandige naamwoord: verskoning
Meervoud: verskonings, verskoninge
Verkleinwoord: verskoninkie
Meervoud van verkleining: verskoninkies
Betekenis:
• Die rede wat 'n mens gee as jy iets nie kan doen of kon gedoen het nie.
Gebruik:
• Ek vra om verskoning vir my slegte gedrag.
• Jy sal aan 'n beter verskoning as dit moet dink.
Sinoniem:
• apologie
• verontskuldiging
Vertaling:
Engels: apology, excuse, pardon, forgiveness, excusement
Nederlands: verschoning
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|