Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verloop
verloop [boodskap #129355] Sun, 19 January 2020 20:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verloop
Afbreking: ver•loop


Selfstandige naamwoord: verloop
Meervoud:

Betekenis:
• Hoe iets afloop.

Gebruik:
• Hy het na die verloop van 'n jaar huis toe teruggekeer.
• Met verloop van tyd verdwyn die onaangenaamheid.

Vertaling:
Engels: lapse, progress
Nederlands: verloop


Werkwoord: verloop
Verlede tyd: het verloop

Betekenis:
• Verbygaan.

Gebruik:
• Hoeveel tyd het verloop sedert jy die bestelling geplaas het?
• Jy kan bly wees dat sake so goed verloop het.

Spreekwoord:
• As die gety verloop, word die bakens versit. ['n Mens moet by jou omstandighede aanpas.]

Vertaling:
Engels: to gone by
Nederlands: verlopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verlof
Volgende onderwerp: verniet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 23:26:26 UTC 2024