Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verklaring
verklaring [boodskap #129346] So, 19 Januarie 2020 18:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20787
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verklaring
Afbreking: ver•kla•ring


Selfstandige naamwoord: verklaring
Meervoud: verklarings
Verkleinwoord: verklarinkie
Meervoud van verkleining: verklarinkies

Betekenis:
• 'n Verduideliking of opheldering.
• 'n Formele bekendmaking.

Gebruik:
• Sy kon nie 'n verklaring bied vir wat daai dag met haar gebeur het nie.
• Die Universele Verklaring van Menseregte is 'n verklaring wat in op 10 Desember 1948 deur die Verenigde Nasies aangeneem is.

Afgelei:
• liefdesverklaring
• mediaverklaring
• persverklaring
• saligverklaring
• teksverklaring
• verbeurdverklaring
• vryverklaring
• woordverklaring

Vertaling:
Engels: explanation; statement, declaration
Nederlands: verklaring

Nota:
• 'n Eed is 'n plegtige verklaring.
• 'n Affidavit is 'n beëdigde verklaring.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verken
Volgende onderwerp: verklein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 17:49:25 MGT 2024