| verjaarsdag [boodskap #129341] |
So., 19 Januarie 2020 12:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24473 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Verjaardagkoek.
verjaarsdag
Afbreking: ver•jaars•dag
Samestelling: verjaar + -s- + dag
Uitspraak: /fərˈjɑːrsˌdaχ/
Selfstandige naamwoord: verjaarsdag
Meervoud: verjaarsdae
Verkleinwoord: verjaarsdaggie
Meervoud van verkleining: verjaarsdaggies
Betekenis:
• Die dag waarop iemand sy geboorte vier.
Gebruik:
• Jy word hartlik genooi om my verjaarsdag saam met my te vier.
Wisselvorm:
• verjaardag
Afgelei:
• verjaarsdagboekie
• verjaarsdagbraai
• verjaarsdagfees
• verjaarsdaggeld
• verjaarsdaggeskenk
• verjaarsdagkaartjie
• verjaarsdagkoek
• verjaarsdagparty
• verjaarsdagpresent
• verjaarsdagviering
• verjaarsdagwense
Vertaling:
Engels: birthday, anniversary
Nederlands: verjaardag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 21 Februarie 2026 11:47] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|