Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spons
spons [boodskap #129333] Sun, 19 January 2020 08:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Spons.
'n Spons.
spons
Afbreking: spons


Selfstandige naamwoord: spons
Meervoud: sponse
Verkleinwoord: sponsie
Meervoud van verkleining: sponsies

Betekenis:
• 'n Kneebare en waterhoudende voorwerp waarmee gewas word, gemaak van kunsstof of die opgekookte skelet van 'n sponsdier.
• (dierkunde) Die sponsdier, 'n primitiewe meersellige dier wat veral op die bodem van die see voorkom.

Gebruik:
• Sy hou daarvan om moet 'n spons te bad.
• 'n Spons benodig 'n konstante vloei van water om sy voedsel uit die water uit te filtreer.

Hiponiem:
• badspons
• glasspons

Afgelei:
• sponsagtig
• sponsdier
• sponsduiker
• sponskoek
• sponsvisser
• sponsweefsel

Vertaling:
Engels: sponge
Nederlands: spons


Werkwoord: spons
Verlede tyd: het gespons

Betekenis:
• Met 'n spons afvee of skoonmaak.

Gebruik:
• Sy spons haarself in die bad af.

Vertaling:
Engels: to sponge
Nederlands: sponsen, sponzen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sponsdier
Volgende onderwerp: verf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 22:39:57 UTC 2024