Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » veld
veld [boodskap #129327] Sat, 18 January 2020 16:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Bokke wat op 'n stuk veld wei.
Bokke wat op 'n stuk veld wei.
'n Sportveld.
'n Sportveld.
veld
Afbreking: veld


Selfstandige naamwoord: veld
Meervoud: velde
Verkleinwoord: veldjie
Meervoud van verkleining: veldjies

Betekenis:
• 'n Oop stuk grond waar daar nie geboue is nie, gewoonlik plat en met gras of natuurlike plantegroei bedek.
• 'n Spesifieke rigting waarin 'n mens kan studeer en navorsing doen; vakgebied.

Gebruik:
• As dit reën is die veld vol blomme.
• In watter veld spesialiseer jy?

Spreekwoord:
• Hy het my uit die veld geslaan. [Iemand verwar, teleurstel.]

Hiponiem:
• grasveld
• magneetveld
• navorsingsveld
• skalaarveld
• sportveld
• skoonveld
• slagveld
• ruveld

Afgelei:
• veldkos
• veldslag
• veldvoertuig
• veldwerker

Verwant:
• akker
• heide
• terrein

Vertaling:
Engels: field, patch, pasture
Nederlands: veld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veilig
Volgende onderwerp: verandering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 23:41:07 UTC 2024