Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » veer
veer [boodskap #129324] Sat, 18 January 2020 15:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Veer.
'n Veer.
veer
Afbreking: veer


Selfstandige naamwoord: veer
Meervoud: vere
Verkleinwoord: veertjie
Meervoud van verkleining: veertjies

Betekenis:
• Die bedekking oor 'n voël se vel; pluim.
• Toerusting wat skokke absorbeer; gedraaide draad wat terugkeer na sy oorspronklike vorm as dit gedruk word.
• Plek waar mens oor 'n rivier kan kom, of diens tussen twee punte oor water.

Gebruik:
• Dog het 'n veer geplant en gedog daar gaan 'n hoender opkom.
• Die horlosie wil nie tik nie want sy veer is pap.
• Die veer tussen Perkpolder en Kruiningen is opgeskort.

Spreekwoord:
• Dis 'n veer in sy hoed. [Hy het daardeur naam gemaak.]

Hiponiem:
• hoenderveer
• makouveer
• pouveer

Afgelei:
• veerboot
• veerdiens
• veerkrag
• veerkussing

Vertaling:
Engels: feather; spring; ferry
Nederlands: veer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veearts
Volgende onderwerp: veg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 22:59:45 UTC 2024