Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vee
vee [boodskap #129322] Sat, 18 January 2020 15:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vee
Vee
vee
Afbreking: vee


Selfstandige naamwoord: vee
Meervoud:

Betekenis:
• Diere soos skape, beeste, varke, bokke en hoenders wat vir ekonomiese redes op plase aangehou word.

Gebruik:
• 'n Boer kyk altyd goed na sy vee.

Afgelei:
• pluimvee
• veeboer
• veeplaas
• veevoer

Homofoon:
• fee (sprokiesfiguur)

Vertaling:
Engels: livestock, cattle
Nederlands: vee

Vee
Vee

Werkwoord: vee
Verlede tyd: het gevee

Betekenis:
• 'n Besem of 'n lap gebruik om vullis weg te vat.

Gebruik:
• Hy vee die vloer.
• Sy vee die tafel af.

Spreekwoord:
Vee eers voor jou eie deur. [Sorg eers vir sake wat jou persoonlik raak.]
• Jy moet voor jou eie stoep vee. [Bemoei jou met jou eie sake.]
• As elkeen voor sy eie deur vee, sal die straat skoon wees. [As elkeen sy plig doen, sal daar baie verrig word.]
• Jakkals vee sy spore met sy stert dood. ['n Skelm vernietig gewoonlik die spore van sy misdaad.]
• 'n Nuwe besem vee altyd skoon. ['n Nuwe werk word altyd met ywer aangepak, maar dis nie 'n waarborg dat dit altyd so sal aanhou nie.]

Vertaling:
Engels: to sweep, wipe
Nederlands: vegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vashou
Volgende onderwerp: veearts
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 23:34:40 UTC 2024