Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vashou
vashou [boodskap #129321] Sa., 18 Januarie 2020 15:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26142
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Meisie wat 'n hondjie vashou.
'n Meisie wat 'n hondjie vashou.
vashou
Afbreking: vas•hou
Samestelling: vas + hou


Werkwoord: hou vas, vashou
Verlede tyd: het vasgehou
Teenwoordige deelwoord: vashoudend, vashoudende
Verlede deelwoord: vasgehoude

Betekenis:
• Om iets in jou hande te hou.
• Om nie te laat los nie.

Gebruik:
• Jy moet die hamer stewig vashou.
• Jy moet vashou, anders gaan jy afval.

Spreekwoord:
• Aan 'n strooihalm vashou. [In die nietigste middel redding soek.]
• Jou ouma die paplepel leer vashou. ['n Ervare persoon probeer leer.]
• Vir iemand duim vashou. [Baie graag wil hê dat iemand sukses moet behaal.]
• Iemand sal die babatjie moet vashou. [Iemand sal die verantwoordelikheid moet dra.]
• Hy kan nie vir iemand kers vashou nie. [Nie naastenby kan doen wat iemand anders kan doen nie.]

Sinoniem:
• beethê
• beetpak
• gryp
• omklem
• vasdruk
• vasgryp
• vasvat

Antoniem:
• los

Afgelei:
• vashouer
• vashoukrag
• vashouplek

Vertaling:
Engels: to hold, hold on to
Nederlands: vasthouden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 14 Augustus 2026 06:18]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: vars
Volgende onderwerp: vee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Aug. 16 11:25:16 UTC 2026