Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vars
vars [boodskap #129320] Sat, 18 January 2020 14:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vars
Afbreking: vars
Uitspraak: /fars/


Byvoeglike naamwoord: vars
Vergrotende trap: varser
Oortreffende trap: varsste
Attributief: vars
Intensief: douvars, kraakvars, neutvars, oondvars

Betekenis:
• Nie oud nie, maar pas gemaak; nuut en skoon.
• Nie baie sout nie (soos kos met te min sout).

Gebruik:
• Hy geniet die vars buitelug na die reën.
• As die sop vars is kan julle bietjie sout bygooi.

Spreekwoord:
Vars botter en warm brood, is 'n ou man se bittere dood. [Gesê as 'n ou man met 'n jong vrou trou.]

Afgelei:
• uitvars
• varsheid
• varswater

Vertaling:
Engels: fresh
Nederlands: vers, fris, zoet; flauw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vanjaar
Volgende onderwerp: vashou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 23:34:07 UTC 2024