Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vals
vals [boodskap #129318] Sat, 18 January 2020 12:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vals
Afbreking: vals
Uitspraak: /vɑls/


Byvoeglike naamwoord: vals
Vergrotende trap: valser
Oortreffende trap: valsste
Attributief: valse

Betekenis:
• Nie eg nie; oneg.
• Verkeerd; nie waar nie.
• Van die noot af.

Gebruik:
• Die R200 is vals. My ouma dra vals tande.
• Die stelling is vals.
• Sy sing vals.

Spreekwoord:
• Sy klawers is vals. [Iemand is nie by sy volle verstand nie.]

Sinoniem:
• oneg
• onjuis
• onwaar

Antoniem:
• eg
• nootvas
• waar

Vertaling:
Engels: fake, counterfeit, forged; false
Nederlands: vals

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vallei
Volgende onderwerp: vanjaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 23:00:08 UTC 2024