vaardigheid [boodskap #129313] |
Sat, 18 January 2020 10:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vaardigheid
Afbreking: vaar•dig•heid
Selfstandige naamwoord: vaardigheid
Meervoud: vaardighede
Verkleinwoord: vaardigheidjie
Meervoud van verkleining: vaardigheidjies
Betekenis:
• Die vermoë het om 'n handeling bekwaam uit te voer of 'n probleem reg op te los.
Gebruik:
• Sy beskik oor die vaardigheid om kinders te hanteer.
Hiponiem:
• handvaardigheid
• leesvaardigheid
• lewensvaardigheid
• rekenaarvaardigheid
• taalvaardigheid
Afgelei:
• vaardigheidsbenadering
• vaardigheidsbewys
• vaardigheidskomponent
• vaardigheidsinoefening
• vaardigheidsontwikkeling
• vaardigheidstekort
• vaardigheidstoets
• vaardigheidsvereistes
• vaardigheidsverwerwing
• vaardigheidsvlak
Vertaling:
Engels: skill, skilfulness, expertness
Nederlands: vaardigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|