Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitvoer
uitvoer [boodskap #129308] Sat, 18 January 2020 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitvoer
Afbreking: uit•voer
Samestelling: uit + voer


Selfstandige naamwoord: uitvoer
Meervoud: uitvoere

Betekenis:
• (ekonomie) Die verkoop van goedere aan ander lande en die vervoer van die goed daarheen; eksporteer.
• (rekenaarwetenskap) Die afvoer of lewering van 'n stelsel nadat die invoer verwerk is.
• (tegniek) 'n Pypleiding wat 'n vloeistof of gas na buite lei.
• Die verwerkliking van iets.

Gebruik:
• Maputo beskik oor 'n moderne hawe, wat onder meer die uitvoer van steenkool, katoen, suiker en chroom hanteer.
• Die uitvoer is in drie formate (PDF, Word en ASCII) beskikbaar.
• Die afwaswater se uitvoer is verstop, wat tot 'n oorstroming lei.
• Daarmee het dit oorbodig geword om die plan ten uitvoer te bring.

Antoniem:
• invoer

Afgelei:
• uitvoerartikel
• uitvoerbelasting
• uitvoerhandel
• uitvoerproduk
• uitvoerpryse
• uitvoerware

Vertaling:
Engels: export, output
Nederlands: uitvoer


Werkwoord: voer uit, uitvoer
Verlede tyd: het uitgevoer
Teenwoordige deelwoord: uitvoerende

Betekenis:
• (ekonomie) Produkte aan ander lande verkoop.
• Iets doen; 'n taak verrig; afhandel, voltrek.
• Iets speel of opvoer.
• Voering insit.

Gebruik:
• Suid-Afrika moet meer verwerkte goedere en minder rou materiale uitvoer.
• Die wetenskaplike voer eksperimente uit. Jy moet hierdie program op jou rekenaar uitvoer.
• Musici wat klassieke musiek uitvoer, word dikwels baie hoog aangeskryf.
• Die lap is met kant uitgevoer.

Vertaling:
Engels: to export; carry out, perform, execute
Nederlands: uitvoeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitvinding
Volgende onderwerp: uitwerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 22:41:43 UTC 2024