uittreksel [boodskap #129303] |
Sat, 18 January 2020 06:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uittreksel
Afbreking: uit•trek•sel
Selfstandige naamwoord: uittreksel
Meervoud: uittreksels
Verkleinwoord: uittrekseltjie
Meervoud van verkleining: uittrekseltjies
Betekenis:
• 'n Gedeelte van 'n storie, rolprent of liedjie.
• 'n Beknopte beskrywing van die inhoud; kort oorsig; samevatting.
Gebruik:
• Hy het 'n uittreksel van die nuwe fliek op TV gesien.
• Sy het net genoeg tyd gehad om uittreksels uit die handboek te leer.
Vertaling:
Engels: excerpt, extract
Nederlands: uittreksel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|