Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Besoek die Voortrekker Afrikaanse Tuisblad
Besoek die Voortrekker Afrikaanse Tuisblad [boodskap #11984] Vr, 02 Januarie 1998 00:00
axe  is tans af-lyn  axe
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Goeiedag mede Afrikaans sprekende of Voortrekker
Ons wil dit net bekend stel dat die Voortrekker Afrikaanse Tuisblad amptelik
geopen het. Die Voortrekkers is `n beweging wat die Afrikaanse taal en
kultuur wil bevorder onder vandag se jeug, en dit is juis deesdae van belang
dat hierdie kultuur nie weg kwyn nie.

Ons wil julle graag almal vandag uitnooi om by die Voortrekker Afrikaanse
Tuisblad in te loer op u reis op die Internet. Dit is `n poging om die
Voortrekker bladsye op die Net saam te bind, om as't ware die laer te dien
vir die Voortrekker wiel in Suid Afrika.
As u `n Voortrekker is, moedig ons u aan om `n bladsy oor jou kommando te
skep, sodat spanne dit as basis kan gebruik om hulle tuisblaaie totstand te
bring. Ons doel is om so elke Voortrekker vertroud met die rekenaar wêreld
te maak, en dan op die einde `n elektroniese gemeenskap van Voortrekkers te
skep, toegerus vir die toekoms.
Vir die wat al op die informele weergawe van die bladsy was, moet ons ook
net inlig dat dit `n gedaanteverwisseling ondergaan het, en dat ons dit van
nou af net beter wil maak.

So, kom maak `n draai by http://www.voortrekkers.org.za/

Pieter Holtzhausen a...@cryogen.com
Janto Dreijer probl...@bigfoot.com
Vorige onderwerp: ENGELSMAN BOER SKOT
Volgende onderwerp: kafir
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 10:43:09 MGT 2024