troeteldier [boodskap #129265] |
Thu, 16 January 2020 06:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
troeteldier
Afbreking: troe•tel•dier
Samestelling: troetel + dier
Selfstandige naamwoord: troeteldier
Meervoud: troeteldiere
Verkleinwoord: troeteldiertjie
Meervoud van verkleining: troeteldiertjies
Betekenis:
• 'n Dier soos 'n hond of kat wat 'n mens vir jou plesier by die huis aanhou.
Gebruik:
• Ek hou 'n marmot as troeteldier aan, maar sou graag ook 'n goudvissie wou hê.
Sinoniem:
• geselskapsdier
• lieflingsdier
Afgelei:
• troeteldierhok
• troeteldierkos
Verwant:
• huisdier
Vertaling:
Engels: pet
Nederlands: troeteldier, knuffelbeest
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|