treurig [boodskap #129263] |
Wed, 15 January 2020 20:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
treurig
Afbreking: treu•rig
Byvoeglike naamwoord: treurig
Vergrotende trap: treuriger
Oortreffende trap: treurigste
Attributief: treurige
Partitief: treuriges
Betekenis:
• Hartseer voel; bedroef of verdrietig wees.
• Baie swak; ellendig.
Gebruik:
• Sy was baie treurig ná die dood van haar goudvissie. Hy neurie 'n treurige deuntjie.
• My skoolrapport lyk maar treurig. Die plek se diens is uiters treurig.
Sinoniem:
• droewig
• swaarmoedig
• verdrietig
• weemoedig
Afgelei:
• treurigheid
Vertaling:
Engels: sad, mournful, sorrowfully; poor, dismal
Nederlands: treurig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|