skatlik [boodskap #129259] |
Wed, 15 January 2020 06:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skatlik
Afbreking: skat•lik
Byvoeglike naamwoord: skatlik
Vergrotende trap: skatliker
Oortreffende trap: skatlikste
Attributief: skatlike
Betekenis:
• Vreeslik dierbaar; liefdevol, bekoorlik en innemend.
Gebruik:
• Die kind is tog te skatlik.
• Dink jy nie ook sy is skoon skatlik as sy so gal afgaan nie?
Wisselvorm:
• skattig
Verwant:
• skatlam
• skattebol
Vertaling:
Engels: dear, sweet, cute
Nederlands: schattig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|