toets [boodskap #129253] |
Tue, 14 January 2020 18:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toets
Afbreking: toets
Selfstandige naamwoord: toets
Meervoud: toetse
Verkleinwoord: toetsie
Meervoud van verkleining: toetsies
Betekenis:
• Iets wat 'n mens skryf om te kyk hoeveel jy van 'n onderwerp af weet; klein eksamentjie.
• Die knoppe van 'n klavier (of toetsbord) wat gedruk word; klawer.
• 'n Groot sportwedstryd tussen twee lande.
Gebruik:
• Die eksaminator merk die toets.
• Een van die klavier se toetse steek vas.
• Ek het kaartjies gekoop vir die toets tussen Suid-Afrika en Frankryk.
Hiponiem:
• begripstoets
• dwelmtoets
• strestoets
Afgelei:
• toetsbord
• toetslopie
• toetsrit
• toetser
Vertaling:
Engels: test; key
Nederlands: toets
Werkwoord: toets
Verlede tyd: het getoets
Betekenis:
• Kyk hoeveel iemand van iets af weet; 'n persoon se vaardighede meet.
• Seker maak dat iets reg is; beproef.
Gebruik:
• Die juffrou toets die kinders se kennis.
• Sy toets of die badwater warm genoeg is.
Vertaling:
Engels: to test, try
Nederlands: toetsen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|