kikker [boodskap #129249] |
Tue, 14 January 2020 15:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kikker
Afbreking: kik•ker
Selfstandige naamwoord: kikker
Meervoud: kikkers
Verkleinwoord: kikkerkie
Meervoud van verkleining: kikkerkies
Betekenis:
• (verouderd) 'n Padda.
Gebruik:
• Die kikker kwaak so hard dat sy nie kan slaap nie.
Sinoniem:
• kikvors
• padda
Afgelei:
• kikkerboud
• kikkereiers
• kikkergekwaak
• kikkerkoor
• kikkermusiek
• kikkersang
Vertaling:
Engels: frog
Nederlands: kikvors, kikker
Nota:
• "Kikker" is ook 'n deelwoord van die werkwoord "opkikker" (killer op, opgekikker).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|