toepassing [boodskap #129246] |
Tue, 14 January 2020 15:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toepassing
Afbreking: toe•pas•sing
Selfstandige naamwoord: toepassing
Meervoud: toepassinge, toepassings
Verkleinwoord: toepassinkie
Meervoud van verkleining: toepassinkies
Betekenis:
• Die manier waarop iets wat geleer is gebruik word; aanwending in die praktyk.
• Betrekking hê op iets.
• (rekenaar) 'n Rekenaarprogram (ook toep of applikasie genoem).
Gebruik:
• Dis is 'n nuwe toepassing van 'n stokou metode.
• Die reël is mos nie op ons van toepassing nie.
• Die toepassing wil nie op my selfoon oopmaak nie.
Afgelei:
• toepassingsmoontlikheid
• toepassingsprobleem
• toepassingsproses
• toepassingsvermoë
• wantoepassing
• wetstoepassing
Afkorting:
• toep
Vertaling:
Engels: application
Nederlands: toepassing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|