Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toelaat
toelaat [boodskap #129241] Tue, 14 January 2020 06:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
toelaat
Afbreking: toe•laat


Werkwoord: laat toe, toelaat
Verlede tyd: het toegelaat

Betekenis:
• Instem dat iets mag gebeur; toestaan en nie verhinder nie; nie onmoontlik maak of verbied nie; vergun.
• Toegang verskaf; binnelaat of lidmaatskap toestaan.

Gebruik:
• As mens dit eers toelaat, kan jy dit nie later weier nie.
• Sy is nie tot die eksamen toegelaat nie.

Spreekwoord:
• Iets oogluikend toelaat. [Maak of 'n mens dit nie opmerk nie.]

Antoniem:
• verbied

Vertaling:
Engels: to allow, permit
Nederlands: toelaten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toekomend
Volgende onderwerp: toemaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 20:43:07 UTC 2024