Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
tik
Afbreking: tik
Uitspraak: /tək/
Selfstandige naamwoord: tik
Meervoud: tikke
Verkleinwoord: tikkie
Meervoud van verkleining: tikkies
Betekenis:
• 'n Ligte stamp of skop.
• 'n Geluid van so 'n stampie of skoppie.
• Metamfetamien, 'n verwoestende dwelmmiddel; lolly, tjoef.
Gebruik:
• Hy het vir haar 'n tik op die skouer gegee om haar aandag te trek.
• My fiets maak 'n vreemde tik as ek ry.
• Die tikkop gebruik al weer tik.
Vertaling:
Engels: touch, knock, tick; crystal meth
Nederlands: tik
Werkwoord: tik
Verlede tyd: het getik
Teenwoordige deelwoord: tikkende
Betekenis:
• Liggies teen iets kap of die klank van so 'n gekap.
• Die knoppies van 'n rekenaar, selfoon of tikmasjien druk.
Gebruik:
• Sy skrik haar boeglam toe ek haar op die skouer tik.
• Ons tik deesdae al ons werk op die rekenaar in.
Spreekwoord:
• Hy tik haar op die vingers. [Iemand berispe.]
• In 'n mens se eie huis tik die klok die mooiste. ['n Mens is op jou gemak in jou eie huis.]
Afgelei:
• aftik
• intik
Vertaling:
Engels: to pat; tick; type
Nederlands: tikken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.