kokkewiet [boodskap #129233] |
Ma, 13 Januarie 2020 15:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kokkewiet
Afbreking: kok•ke•wiet
Selfstandige naamwoord: kokkewiet
Meervoud: kokkewiete
Verkleinwoord: kokkewietjie
Meervoud van verkleining: kokkewietjies
Betekenis:
• Die bokmakierie (Telophorus zeylonus), 'n klein geel en groen voëltjie met 'n swart horisontale streep oor die nek.
Gebruik:
• Die kokkewiet se lyf is olyf, swart en geel en die geslagte lyk eenders.
Spreekwoord:
• Die kokkewiet het gebyt. [Gesê as iemand se voet van onder gebars, gesny is; veral onder die tone.]
Vertaling:
Engels: bushshrike, bokmakierie
Nederlands: bokmakierieklauwier
Nota:
• Die voëltjie se naam is 'n nabootsing van die klank wat dit maak.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|