Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teken
teken [boodskap #129222] So, 12 Januarie 2020 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kinders wat prentjies teken.
Kinders wat prentjies teken.
teken
Afbreking: te•ken
Uitspraak: /ˈtiə̯kən/


Selfstandige naamwoord: teken
Meervoud: tekens
Verkleinwoord: tekentjie
Meervoud van verkleining: tekentjies

Betekenis:
• Iets waarmee 'n boodskap oorgedra word, soos 'n simbool, gebaar, klank of bord langs die pad.

Gebruik:
• Die wedstryd begin sodra die skeidsregter die teken gee.
• Ek hoop die wolke is 'n teken van reën.

Spreekwoord:
• Taal nóg teken gee. [Nie 'n teken van lewe gee nie.]

Vertaling:
Engels: sign, mark, token, signpost
Nederlands: teken


Werkwoord: teken
Verlede tyd: het geteken

Betekenis:
• 'n Prentjie met 'n potlood, pen of kryt skets.
• Jou handtekening maak.

Gebruik:
• Hy teken 'n prentjie van 'n huis.
• Sy teken die kontrak.

Vertaling:
Engels: to draw, sketch; to sign
Nederlands: tekenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teenwoordig
Volgende onderwerp: tekening
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 16:57:14 MGT 2024