Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teenwoordig
teenwoordig [boodskap #129221] So, 12 Januarie 2020 16:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teenwoordig
Afbreking: teen•woor•dig


Byvoeglike naamwoord: teenwoordig
Attributief: teenwoordige

Betekenis:
• Aanwesig wees; op die plek waarvan gepraat word wees.
• Die tyd waarvan daar nou gepraat of geskryf word.

Gebruik:
• Al die lede was op die vergadering teenwoordig.
• "Ons speel" is in die teenwoordige tyd en "Ons het gespeel" is in die verlede tyd.

Wisselvorm:
• teenswoordig

Sinoniem:
• aanwesig
• huidig

Antoniem:
• afwesig

Afgelei:
• alomteenwoordig
• teenwoordigheid
• verteenwoordig

Vertaling:
Engels: present; current
Nederlands: tegenwoordig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teenoorgestelde
Volgende onderwerp: teken
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 16:25:49 MGT 2024